Wat kry jy?

  • ’n Volledige oefenplan van 3 weke wat jy oor en oor kan doen of kan aanpas wanneer jy fikser word. Elke week bied 3 intense weerstand-gebaseerde oefensessies, 1 lae-intensiteit-kardio-sessie en 1 joga-/strekgebaseerde sessie
  • Ons gee nog voorstelle vir hoe om die plan aan te pas as jy dit onder die knie het
  • 12 bykomende oefensessies wat afwisseling bied – omdat jy jou plan kan aanpas, sal dit keer dat jy verveeld raak
  • Duidelike sketse en beskrywings van die oefenbewegings
  • Stap-vir-stap-aanwysings of video’s wat wys hoe om meer uitdagende oefeninge te doen
  • Toetse en oefeninge om wanbalanse in jou liggaam te herstel

Hoekom is dit ’n goeie plan?

  • Dit is aanpasbaar. Min tyd? Kies ’n alternatiewe oefensessie van so kort soos 15 minute. Nie geld vir toerusting nie? Gebruik jou liggaamsgewig en dit wat jy in jou huis het
  • Dit is eenvoudig. Die sketse wys jou stap vir stap wat om te doen
  • Dit is doeltreffend. Die oefensessies is ontwerp om resultate te gee. Versterk jou spiere, verbeter jou balans en verbrand vet
  • Dit is bekostigbaar. Dit kos net R495 om aan te sluit en jy kry lewenslank toegang; dis nie ’n lidmaatskap wat verval nie

Dit is ’n eenvoudige oefenplan vir besige vroue.

Jy volg dit tuis en benodig min toerusting. Dit neem net
sowat 40 minute per dag en ons wys jou presies hoe.
Jy betaal eenmalig vir die plan wat jy vorentoe altyd kan
volg – dit kos net R495.

Word fikser, sterker, gesonder – en dit alles tuis!